History

The first Leesfees was part of Prince Albert’s 250 year celebrations (November 2012). That year we celebrated Karoo writers and poets. The intimacy of a festival where guests could attend every event, with no rushing from venue to venue, had such appeal that the team now hosts a Leesfees every year. The theme for 2017 is The Soul of the Karoo, acknowledging the creative spirit which infuses the Karoo and which has provided inspiration since the days of the Khoisan. 

 

Die eerste Leesfees het deel gevorm van Prins Albert se 250ste verjaardagviering (November 2012), met die fokus op Karoo-skrywers en -digters. Die kompaktheid van ‘n fees waar gaste elke aanbieding kon bywoon, en hulle nooit van lokaal tot lokaal hoef te haas nie, was so gewild, dat die organiseerders sedertdien elke jaar ‘n Leesfees hou. Die 2017-tema is In die gees van die Karoo, om erkenning te gee aan die skeppendheid wat die Karoo verryk en ‘n inspirasie is sedert die dae van die Khoisan.